Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 2:29-47 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

29. Broers, ek kan openlik met julle praat oor die stamvader Dawid, dat hy dood is en ook begrawe is en sy graf is by ons tot vandag toeNeg 12:36 was en geweet het dat God vir hom met ’n eed gesweer het: ‘Een uit die vrug van jou liggaam sal Ek op jou troon laat sit,’Ps 132:11; 2 Sh'm 7:12-13

30. omdat hy ’n profeet

31. het hy, deur dit vooruit te sien, gepraat van die opstanding van Die Gesalfde Een en dat Hy nie in Sh’ol gelos sal word nie en Sy liggaam ook nie verderwing sal sien nie;

32. hierdie Yeshua is deur God opgewek, waarvan ons almal getuies is.

33. Hy is tot by die regterhand van God verhoog en het van die Vader ’n belofte aangaande die Gees van Afsondering ontvang en dít uitgestort, wat julle nou hier sien en hoor,

34. want Dawid het nie in die hemele opgevaar nie, maar hy self sê: ‘יהוה het vir my Meester gesê: Sit aan My regterhandPs 110:1

35. totdat Ek U vyande gemaak het ’n voetstoel vir U voete.’

36. Laat die hele huis van Yisra’el daarom waarlik weet dat God daardie Yeshua, vir Wie julle gekruisig het, יהוה en Die Gesalfde Een gemaak het.”

37. Toe hulle hierdie dinge hoor, is hulle verstand, wil en emosie diep getref en hulle het vir Shim’on en die ander afgevaardigdes gesê: “Wat moet ons doen, broers?”

38. Shim’on sê vir hulle: “Draai weg van julle sondes na God toe en laat elkeen van julle gedoop word in die Outoriteit en Karakter (Naam) van יהוה-Yeshua, tot bevryding van sondes sodat julle die geskenk van die Gees van Afsondering kan ontvang,

39. want die belofte was vir julle en vir julle kinders en vir almal wat daar ver is, die wat God sal roep.”

40. Met baie ander boodskappe het hy teenoor hulle getuig en hulle uitgenooi en gesê: “Word gered uit hierdie verdraaide geslag.”

41. Dié mense onder hulle wat sy boodskap gewilliglik aanvaar het en vertrou het, is gedoop en daar is op dié dag omtrent drie duisend lewens bygevoeg.

42. Hulle het aangehou in die leer van die afgevaardigdes en is deelgenote gemaak in gebed en in die breking van die brood, as Liggaam.

43. Vrees en respek het op elkeen gekom en baie tekens en wonderwerke het deur die hand van die afgevaardigdes gebeur in Yerushalayim.

44. Almal wat vertrou het, was soos een en het alles gemeenskaplik besit

45. en die wat besittings gehad het, het dit verkoop en onder almal verdeel, volgens wat nodig was.

46. Voortdurend, dag vir dag, het hulle een van gees, ernstig aangehou in die tempel, van huis tot huis brood gebreek en hulle kos in vreugde ontvang en in eenvoudigheid van verstand, wil en emosie, geniet,

47. terwyl hulle God prys soos hulle omgee ontvang by al die mense. Ons Meester het daagliks, die wat tot lewe gekom het, by die gemeente gevoeg.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 2