Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 2:15-29 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. want hulle is nie dronk soos julle aanneem nie omdat dit maar die derde uur (negeuur in die oggend) is, maar let op,

16. hiérdie is wat deur die profeet Yo’el gesê is:

17. ‘Dit sal gedoen word in die laaste dae, sê God: Ek sal My Gees uitstort op alle mense en julle seuns en julle dogters sal profeteer en julle jongmense sal visioene sien en julle oumense sal drome droom

18. en ook op My slawe en slavinne sal Ek in dié dae van My Gees uitstort en hulle sal profeteer.

19. Ek sal tekens bo in die hemel gee en wondertekens onder op die aarde: bloed, vuur en rookwolke.

20. Die son sal verander word in duisternis en die maan in bloed voordat die groot en ontsagwekkende dag van יהוה komYo’el 2:28-32

21. en dit sal wees dat elkeen wat die Outoriteit en Karakter van יהוה aanroep, sal lewe.’

22. Manne van Yisra’el, luister na hierdie boodskap! Yeshua, van Natzeret, die Man wat vanaf God aan julle verskyn het met magtige dade, tekens en wonderwerke, wat God, soos julle self weet, deur Sy hand onder julle gedoen het;

23. hierdie Een, wat in die voorkennis en wil van God, hiérvoor tot Hom afgesonder was, wat julle oorgelewer het in die hande van die wetteloses, Hom gekruisig en vermoor het,

24. maar deur God opgewek is en die bande van Sh’ol vernietig het omdat dit nie moontlik was om Hom in Sh’ol gevange te hou nie,Ps 16:8-10

25. want Dawid sê aangaande Hom: ‘Ek stel יהוה voortdurend voor my omdat Hy aan my regterhand is, sal ek nie geskud word nie;

26. daarom is my verstand, wil en emosie bly en my lof en eer juig; my vlees sal ook in veiligheid bly,Ps 16:8

27. want U sal nie my lewe aan Sh’ol oorgee nie en ook nie U Afgesonderde Een verderwing laat smaak nie.Ps 16:8-11

28. U sal aan my die pad van die lewe bekendmaak; in U Teenwoordigheid is daar volheid van vreugde, in U regterhand is daar plesier vir ewig.’1 Kon 2:10

29. Broers, ek kan openlik met julle praat oor die stamvader Dawid, dat hy dood is en ook begrawe is en sy graf is by ons tot vandag toeNeg 12:36 was en geweet het dat God vir hom met ’n eed gesweer het: ‘Een uit die vrug van jou liggaam sal Ek op jou troon laat sit,’Ps 132:11; 2 Sh'm 7:12-13

Lees volledige hoofstuk Handelinge 2