Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 2:12-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Hulle was almal verbaas en verward en sê die een vir die ander: “Wat is hierdie gebeurtenis?”

13. Ander het met hulle gespot en gesê: “Hulle het nuwe wyn gedrink en is dronk.”

14. Na dit het Shim’on Kefa opgestaan, saam met die elf afgevaardigdes en sy stem verhef en vir hulle gesê: “Joodse manne en almal wat in Yerushalayim bly, verstaan wat dit beteken! Luister na my woorde,

15. want hulle is nie dronk soos julle aanneem nie omdat dit maar die derde uur (negeuur in die oggend) is, maar let op,

16. hiérdie is wat deur die profeet Yo’el gesê is:

17. ‘Dit sal gedoen word in die laaste dae, sê God: Ek sal My Gees uitstort op alle mense en julle seuns en julle dogters sal profeteer en julle jongmense sal visioene sien en julle oumense sal drome droom

18. en ook op My slawe en slavinne sal Ek in dié dae van My Gees uitstort en hulle sal profeteer.

19. Ek sal tekens bo in die hemel gee en wondertekens onder op die aarde: bloed, vuur en rookwolke.

20. Die son sal verander word in duisternis en die maan in bloed voordat die groot en ontsagwekkende dag van יהוה komYo’el 2:28-32

21. en dit sal wees dat elkeen wat die Outoriteit en Karakter van יהוה aanroep, sal lewe.’

22. Manne van Yisra’el, luister na hierdie boodskap! Yeshua, van Natzeret, die Man wat vanaf God aan julle verskyn het met magtige dade, tekens en wonderwerke, wat God, soos julle self weet, deur Sy hand onder julle gedoen het;

Lees volledige hoofstuk Handelinge 2