Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 18:20-28 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

20. en hulle het gevra dat hy langer by hulle moes bly. Hy het nie ingestem nie

21. en hulle toe gegroet en gesê: “Dit is, soos altyd, nodig vir my om die opkomende fees in Yerushalayim te vier en as God wil, sal ek weer na julle toe terugkom.” Hy het Akulas en Priskilla in Efesos agtergelaat

22. en het per see in Kaisareia aangekom, opgegaan en die gemeente gegroet en afgereis na Antiogeia.

23. Nadat hy ’n redelike tyd lank gebly het, het hy vertrek en een na die ander na die streke van Galatia en Frugia gereis en al die studentevolgelinge versterk.

24. ’n Joodse man met die naam van Apollos, wat in Alexandreia gebore is, ’n welsprekende man, bekend met die skrifte en onderrig in die Woord, het in Efesos aangekom.

25. Hy is opgelei in die pad van יהוה en, vurig van gees, het hy volledig aangaande Yeshua gepraat en geleer, maar het nog net van die doop van Yoganan geweet.

26. Hy het openlik en reguit in die bymekaarkomplek begin praat, maar nadat Akulas en Priskilla hom gehoor het, het hulle hom gevat en hom die pad van יהוה volledig uitgelê.

27. Toe hy na Agaia wou gaan, het hulle die broers aangemoedig en aan die studentevolgelinge geskryf om hom te ontvang. Daar aangekom, het hy al die studentevolgelinge baie gehelp deur onverdiende guns,

28. want hy het in die openbaar kragtig lering gegee teenoor die Jode terwyl hy deur die Skrifte gewys het dat Yeshua Die Gesalfde Een is.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 18