Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 18:1-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe Sha’ul uit Athenai weggegaan het, het hy in Korinthos gekom,

2. waar hy ’n Jood gevind het met die naam van Akulas, afkomstig van Pontos, wat onlangs, met sy vrou Priskilla, vanaf Italië gekom het omdat keiser Klaudios beveel het dat al die Jode Rome moes verlaat. Hy het hulle besoek

3. en omdat hy van dieselfde ambag was, het hy by hulle gebly en gewerk, want hulle was tentmakers.

4. Hy het elke Shabbat in die bymekaarkomplek gepraat en Jode, sowel as nie-Jode, oortuig.

5. Toe Sila en Timotheos vanaf Makedonia gekom het, was Sha’ul verhinder in die boodskap omdat die Jode teen hom gestaan het en kwaadgepraat het toe hy getuig het dat Yeshua Die Gesalfde Een is.

6. Hy het sy klere afgeskud en vir hulle gesê: “Van nou af is ek skoon daarvan; ek gaan na die ander nasies toe.”

7. Hy het daarvandaan weggegaan en in die huis gekom van ’n man met die naam van Titos, wat God aanbid het, wie se huis langs die bymekaarkomplek was.

8. Krispos, die leier van die bymekaarkomplek, saam met sy hele huisgesin, het in ons Meester vertrou, asook baie van die Korinthiërs, wat gehoor het, het vertrou en is gedoop.

9. יהוה het in die nag, deur ’n visioen, aan Sha’ul gesê: “Moenie bang wees nie, maar hou aan praat en moenie stilbly nie,

10. want Ek is by jou en niemand kan jou kwaad aandoen nie, want Ek het baie mense in hierdie stad.”

11. Hy het ’n jaar en ses maande lank in Korinthos gebly en vir hulle die boodskap van God geleer.

12. Toe Gallioon goewerneur van Agaia was, het die Jode soos een man teen Sha’ul opgestaan en hom voor die regbank gebring

Lees volledige hoofstuk Handelinge 18