Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 16:33-40 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

33. Daardie tyd van die nag het hy hulle gevat en hulle wonde gewas en hy is dadelik gedoop, hy en al die lede van sy huis.

34. Toe bring hy hulle in sy huis en sit vir hulle kos voor en hy het gespring van vreugde, saam met sy hele huisgesin omdat hulle tot vertroue in God gekom het.

35. Toe dit dag word, stuur die regters die polisie en sê: “Laat daardie manne los.”

36. Die tronkbewaarder het die boodskap aan Sha’ul oorgedra: “Die regters het laat weet dat julle losgelaat moet word; gaan dan nou weg en reis in vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid!”

37. Sha’ul sê vir hom: “Hulle het ons in die openbaar onveroordeeld geslaan, ons wat Romeinse burgers is, ons in die tronk gegooi en wil hulle ons nou in die geheim uitstuur? Nee! Laat hulle self kom en ons uitlei.”

38. Die polisie het hierdie woorde aan die regters oorgedra en dié het bang geword toe hulle hoor dat hulle Romeine is.

39. Daarop het hulle gekom en hulle uitgelei met die versoek om uit die stad uit weg te gaan.

40. Nadat hulle die tronk verlaat het, het hulle na die huis van Ludia gegaan en hulle het die broers gesien, hulle versterk en weggegaan.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 16