Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 15:9-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Hy het geen onderskeid tussen ons en hulle gemaak nie, aangesien Hy hulle verstand, wil en emosie gereinig het deur vertroue.

10. Nou waarom toets julle God deur op die nek van die studentevolgelinge ’n juk te lê wat nie ons vaders of ons in staat was om te dra nie?

11. Ons vertrou dat ons, deur die onverdiende guns van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, lewe ontvang deur vertroue, net soos hulle.”

12. Almal in die byeenkoms het stilgebly en na Bar-Nabba en Sha’ul geluister terwyl hulle van al die tekens en wonders vertel wat God deur hulle onder die nasies gedoen het.

13. Toe hulle stilgebly het, staan Ya’akov op en sê: “Broers, luister na my!

14. Shim’on het vertel presies hoe God in die begin besluit het om mense uit die ander nasies vir Sy Karakter en Outoriteit (Naam) aan te neem

15. en dit stem ooreen met die boodskap wat die profete geskryf het:`Am 9:11

16. ‘Daarna sal Ek terugkom en die gevalle tent van Dawid weer herbou en wat daarvan vernietig is, sal Ek weer herbou en herstel

17. sodat die oorblyfsel van die mense יהוה kan soek, uit al die nasies oor wie My Outoriteit en Karakter (Naam) uitgeroep is, sê יהוה, wat al hierdie dinge gemaak het.’Num 15:16; Yes 56:1-7

18. God se werke is van ewigheid af bekend.

19. As gevolg hiervan sê ek dat ons hulle, wat vanuit die ander nasies na God toe gedraai word, nie verder moet belas nie,

20. maar aan hulle skryf dat hulle hul moet afsonder van dié dinge wat deur afgode besoedel is, van alle seksuele immoraliteit, van wat verwurg is en van bloed,Lev 17-19

Lees volledige hoofstuk Handelinge 15