Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 15:28-31 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

28. want die Gees van Afsondering en ons het besluit om geen las op julle te lê, behalwe wat nodig is nie:

29. dat julle wegbly van afgodsoffers, van bloed, van wat verwurg is en van alle seksuele immoraliteit. As julle dit streng nakom, sal julle getrou wees in ons Meester.”

30. Hulle wat uitgestuur is, het in Antiogeia gekom en hulle het die mense bymekaargeroep en die brief oorhandig.

31. Toe hulle dit gelees het, was hulle verheug en was bemoedig.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 15