Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 13:29-39 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

29. Toe hulle alles vervul het wat oor Hom geskrywe is, het hulle Hom van die kruishout afgehaal

30. maar God het Hom uit die graf uit laat opstaan

31. en gedurende baie dae het Hy verskyn aan die wat saam met Hom opgegaan het vanaf die Galil na Yerushalayim en hulle is nou Sy getuies by die mense.

32. Ons bring ook vir julle die goeie boodskap: dat die belofte wat aan ons vaders gedoen is,Ps 2:7; Heb 1:5; Heb 5:5

33. let op, deur God aan ons, hulle kinders, vervul is, deur Yeshua te laat opstaan, soos daar ook in die tweede psalm geskrywe is: ‘U is My Seun, vandag het Ek U voortgebring.’Yes 55:3

34. So het God Hom laat opstaan uit die graf sodat Hy nie meer tot verderwing sou terugkeer nie; soos dit sê: ‘Ek sal aan julle gee die onverdiende guns van die getroue Dawid.’Ps 16:10 ‘U sal U Reine nie gee om verderwing te sien nie,’

35. Weer sê Hy op ’n ander plek:

36. want nadat Dawid sy eie geslag volgens die raad van God gedien het, is hy dood en is hy by sy vaders weggelê en het verderwing gesien,

37. maar Hy wat deur God opgewek is, het geen verderwing gesien nie;

38. daarom moet julle weet, broers, dat deur hierdie Man, die bevryding van sondes aan julle verkondig word

39. en dat elkeen wat vertrou, deur Hom onskuldig verklaar word van alles waarvan julle deur die wet van Moshe nie onskuldig verklaar kon word nie.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 13