Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 13:24-36 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

24. Hy het Yoganan gestuur om, voor Sy koms, die doop van berou oor sonde en omdraai na God aan al die mense van Yisra’el te verkondigMat 3:11

25. en toe Yoganan aan die einde van sy bediening gekom het, het hy gesê: ‘Wie dink julle is ek? Ek is dit nie, maar kyk, Hy kom ná my, Wie se sandaalbande ek nie waardig is om los te maak nie.’

26. Broers, kinders van die geslag van Avraham en dié wat God saam met julle aanbid; vir julle is hierdie Boodskap van lewe gestuur,

27. want die inwoners van Yerushalayim en hulle leiers het Hom nie herken nie en ook nie die skrifte van die profete wat elke Shabbat gelees word nie, maar hulle het Hom veroordeel en so dit wat geskryf is vervul.

28. Alhoewel hulle niks gekry het wat die dood verdien nie, het hulle van Pilatos gevra dat Hy doodgemaak moes word.Deut 21:23 en in ’n graf gesit,

29. Toe hulle alles vervul het wat oor Hom geskrywe is, het hulle Hom van die kruishout afgehaal

30. maar God het Hom uit die graf uit laat opstaan

31. en gedurende baie dae het Hy verskyn aan die wat saam met Hom opgegaan het vanaf die Galil na Yerushalayim en hulle is nou Sy getuies by die mense.

32. Ons bring ook vir julle die goeie boodskap: dat die belofte wat aan ons vaders gedoen is,Ps 2:7; Heb 1:5; Heb 5:5

33. let op, deur God aan ons, hulle kinders, vervul is, deur Yeshua te laat opstaan, soos daar ook in die tweede psalm geskrywe is: ‘U is My Seun, vandag het Ek U voortgebring.’Yes 55:3

34. So het God Hom laat opstaan uit die graf sodat Hy nie meer tot verderwing sou terugkeer nie; soos dit sê: ‘Ek sal aan julle gee die onverdiende guns van die getroue Dawid.’Ps 16:10 ‘U sal U Reine nie gee om verderwing te sien nie,’

35. Weer sê Hy op ’n ander plek:

36. want nadat Dawid sy eie geslag volgens die raad van God gedien het, is hy dood en is hy by sy vaders weggelê en het verderwing gesien,

Lees volledige hoofstuk Handelinge 13