Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 12:6-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Die nag, voor sonsopkoms, voordat Herodes hom wou oorgee, het Shim’on tussen twee soldate geslaap, met twee kettings vasgemaak en ander het voor die deur wag gestaan.

7. Daar staan ’n engel van יהוה by hom en ’n lig skyn in die hele plek en hy stamp hom in die sy, maak hom wakker en sê: “Staan vinnig op.” Die kettings het van sy hande afgeval.

8. Die engel sê vir hom: “Bind jou gordel vas en trek jou sandale aan!” Hy het dit gedoen. Verder sê hy vir hom: “Gooi jou bo-kleed om en volg my!”

9. Hy het uitgegaan en hom gevolg, maar hy het nie geweet dat wat deur die engel gebeur het, regtig was nie, maar hy het gedink dat hy ’n visioen sien.

10. Toe hulle by die eerste en die tweede wag verbygegaan het, kom hulle by die ysterhek en dit het vanself vir hulle oopgegaan. Hulle het buitekant gekom, een straat ver gegaan en skielik het die engel van hom af weggegaan.

11. Toe besef Shim’on en sê: “Nou weet ek in waarheid dat יהוה Sy engel gestuur en my gered het uit die hand van koning Herodes en uit dit wat die manne van Y’hudah teen my beplan het.”

12. Terwyl hy dit oordink, kom hy by die huis van Miryam, die moeder van Yoganan, wat ook Markos genoem word, waar baie in gebed bymekaar was.

13. Hy het aan die buitedeur geklop; ’n diensmeisie met die naam van Rhode het gegaan om dit te antwoord

14. en sy het die stem van Shim’on herken en in haar blydskap nie die deur oopgemaak nie, maar na binne gehardloop en aangekondig dat Shim’on voor die deur staan.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 12