Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 12:2-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. Hy het Ya’akov, die broer van Yoganan, met die swaard vermoor

3. en toe hy sien dat dit die Jode tevrede stel, het hy verder ook vir Shim’on Kefa gevang, maar dit was die ‘Dae van Ongesuurde Brood’.

4. Hy het hom gearresteer en hom in die tronk gesit en oorgegee aan sestien soldate, om wag te hou oor hom, om hom ná die Pesagfees aan die mense van Y’hudah oor te lewer.

5. Terwyl Shim’on in die tronk bewaak is, het die gemeente sonder ophou tot God vir hom gebid.

6. Die nag, voor sonsopkoms, voordat Herodes hom wou oorgee, het Shim’on tussen twee soldate geslaap, met twee kettings vasgemaak en ander het voor die deur wag gestaan.

7. Daar staan ’n engel van יהוה by hom en ’n lig skyn in die hele plek en hy stamp hom in die sy, maak hom wakker en sê: “Staan vinnig op.” Die kettings het van sy hande afgeval.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 12