Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 12:11-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Toe besef Shim’on en sê: “Nou weet ek in waarheid dat יהוה Sy engel gestuur en my gered het uit die hand van koning Herodes en uit dit wat die manne van Y’hudah teen my beplan het.”

12. Terwyl hy dit oordink, kom hy by die huis van Miryam, die moeder van Yoganan, wat ook Markos genoem word, waar baie in gebed bymekaar was.

13. Hy het aan die buitedeur geklop; ’n diensmeisie met die naam van Rhode het gegaan om dit te antwoord

14. en sy het die stem van Shim’on herken en in haar blydskap nie die deur oopgemaak nie, maar na binne gehardloop en aangekondig dat Shim’on voor die deur staan.

15. Hulle sê egter vir haar: “Jy is deurmekaar,” maar sy het volhard dat dit so is. Daarop sê hulle: “Miskien is dit sy engel.”

16. Shim’on het aangehou met klop en toe hulle oopmaak, sien hulle hom en was verwonderd teenoor mekaar.

17. Hy het vir hulle met die hand gewys om stil te bly en ingekom en aan hulle vertel hoe יהוה hom uit die tronk uitgebring het en hy sê: “Vertel dit aan Ya’akov en die broers.” Hy het uitgegaan na ’n ander plek toe.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 12