Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 10:8-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. en vertel hulle alles wat hy gesien het en stuur hulle na Yafo.

9. Die volgende dag terwyl hulle op pad was, naby die stad, het Shim’on omtrent twaalfuur die middag op die dak geklim om te bid

10. en hy het honger geword en wou eet en terwyl dit vir hom voorberei is, het daar ’n geesvervoering oor hom gekom:

11. hy sien die hemel oopgemaak en ’n voorwerp soos ’n groot laken na hom toe afkom, wat aan die vier hoeke vasgebind is en op die aarde laat sak word.

12. Daarin was al die viervoetige diere van die aarde, kruipende diere en die voëls van die hemel

13. en daar kom ’n stem na hom toe: “Staan op, Shim’on, slag en eet!”

14. Shim’on sê: “Nooit nie, my Meester, want ek het nog nooit iets vuils of onreins geëet nie.”

15. Weer het die stem vir die tweede keer na hom gekom: “Wat God rein gemaak het, mag jy nie vuil ag nie.”

16. Dit het drie maal gebeur en die voorwerp is weer in die hemel in opgevat.

17. Terwyl Shim’on nog by homself gewonder het oor wat die visioen, wat hy gesien het, kon beteken, het die manne wat deur Kornelios gestuur is, gearriveer, verneem na die huis van Shim’on en by die hek gaan staan.

18. Hulle het geroep en gevra of Shim’on, wat ook Kefa genoem word, daar bly.

19. Terwyl Kefa nadink oor die visioen, sê die Gees vir hom: “Let op, daar is drie manne wat jou soek.

20. Staan op, klim af en gaan saam met hulle sonder om te twyfel, want dit is Ek wat hulle gestuur het.”

21. Toe het Shim’on na die manne toe afgeklim en gesê: “Dit is ek wat julle soek. Hoekom het julle gekom?”

22. Hulle sê vir hom: “Kornelios, ’n kaptein oor honderd, ’n goeie en Godvresende man, wat ’n goeie naam het by al die Jode, het ’n openbaring ontvang deur ’n afgesonderde boodskapper, om u te laat haal na sy huis toe, om te hoor wat u sal sê.”

23. Shim’on het hulle ingenooi en onthaal waar hy gebly het en die volgende dag het Kefa saam met hulle gegaan en sekere van die broers uit Yafo het saam met hom gegaan.

24. Die dag daarna het hulle in Kaisareia aangekom waar Kornelios hulle verwag het terwyl sy familie en goeie vriende by hom bymekaar was.

25. Toe Shim’on inkom, het Kornelios hom tegemoetgegaan en aan sy voete neergeval uit eerbetoning,

26. maar Shim’on het hom opgetel en gesê: “Staan op, ek is self ook net ’n mens.”

Lees volledige hoofstuk Handelinge 10