Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 10:8-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. en vertel hulle alles wat hy gesien het en stuur hulle na Yafo.

9. Die volgende dag terwyl hulle op pad was, naby die stad, het Shim’on omtrent twaalfuur die middag op die dak geklim om te bid

10. en hy het honger geword en wou eet en terwyl dit vir hom voorberei is, het daar ’n geesvervoering oor hom gekom:

11. hy sien die hemel oopgemaak en ’n voorwerp soos ’n groot laken na hom toe afkom, wat aan die vier hoeke vasgebind is en op die aarde laat sak word.

12. Daarin was al die viervoetige diere van die aarde, kruipende diere en die voëls van die hemel

13. en daar kom ’n stem na hom toe: “Staan op, Shim’on, slag en eet!”

14. Shim’on sê: “Nooit nie, my Meester, want ek het nog nooit iets vuils of onreins geëet nie.”

15. Weer het die stem vir die tweede keer na hom gekom: “Wat God rein gemaak het, mag jy nie vuil ag nie.”

16. Dit het drie maal gebeur en die voorwerp is weer in die hemel in opgevat.

17. Terwyl Shim’on nog by homself gewonder het oor wat die visioen, wat hy gesien het, kon beteken, het die manne wat deur Kornelios gestuur is, gearriveer, verneem na die huis van Shim’on en by die hek gaan staan.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 10