Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 10:21-30 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

21. Toe het Shim’on na die manne toe afgeklim en gesê: “Dit is ek wat julle soek. Hoekom het julle gekom?”

22. Hulle sê vir hom: “Kornelios, ’n kaptein oor honderd, ’n goeie en Godvresende man, wat ’n goeie naam het by al die Jode, het ’n openbaring ontvang deur ’n afgesonderde boodskapper, om u te laat haal na sy huis toe, om te hoor wat u sal sê.”

23. Shim’on het hulle ingenooi en onthaal waar hy gebly het en die volgende dag het Kefa saam met hulle gegaan en sekere van die broers uit Yafo het saam met hom gegaan.

24. Die dag daarna het hulle in Kaisareia aangekom waar Kornelios hulle verwag het terwyl sy familie en goeie vriende by hom bymekaar was.

25. Toe Shim’on inkom, het Kornelios hom tegemoetgegaan en aan sy voete neergeval uit eerbetoning,

26. maar Shim’on het hom opgetel en gesê: “Staan op, ek is self ook net ’n mens.”

27. Terwyl hy met hom praat, gaan hy in en kry baie wat bymekaargekom het

28. en hy sê vir hulle: “Julle weet dat dit nie toegelaat word vir ’n Joodse man om met iemand van ’n ander volk te assosieer of om hom te besoek nie, maar God het my gewys dat ek geen mens vuil of onrein mag noem nie,

29. ek het daarom, toe ek geroep is, dadelik gekom. Ek vra dan om watter rede julle my laat roep het.”

30. Kornelios sê: “Vier dae gelede, omtrent hierdie uur, was ek besig om te vas en drie-uur die middag het ek in my huis gebid en skielik staan daar ’n man voor my in wit klere

Lees volledige hoofstuk Handelinge 10