Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 10:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Daar was in Kaisareia ’n sekere man met die naam van Kornelios, ’n kaptein oor honderd van die leërafdeling wat ‘Italiaans’ genoem is.

2. Saam met sy hele huis was hy onpartydig opreg en het God aanbid en het baie deur omgee gesorg vir die mense en het altyddeur leiding van God gevra.

3. Hy het in ’n gesig omtrent drie-uur die middag duidelik ’n boodskapper van God na hom toe sien kom wat vir hom sê: “Kornelios!”

4. Hy het die oë baie bang op hom gehou en gesê: “Wat is dit, my meester?” Toe antwoord hy hom: “Jou gebede en jou dade van omgee het voor God in herinnering gekom.

5. Stuur dan nou manne na Yafo en laat vir Shim’on haal, wat ook Kefa genoem word.

6. Let op, hy bly by ’n sekere Shim’on, ’n leerlooier, wie se huis by die see is. Hy sal jou sê wat jy moet doen.”

7. Toe die boodskapper wat met Kornelios gepraat het, weg is, roep hy twee van sy huisbediendes en ’n toegewyde soldaat wat met hom saamgestem het

Lees volledige hoofstuk Handelinge 10