hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6

Ou Testament

Nuwe Testament

Galasiërs 3 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. O, dwase oneffektiewe Galatiërs, wie het julle uit julle vertroue in Yeshua, Die Gesalfde Een, wat voor julle oë as die gekruisigde uitgebeeld is, betower.

2. Ek wil alleen dit van julle weet: het julle die Gees ontvang vanaf die doen van die geskrewe wet of vanaf die vertroue in wat julle gehoor het?

3. Hierin is julle dwaas: die waarheid wat julle in die Gees gehad het, het by julle in die vlees geëindig.

4. Het julle al hierdie dinge sonder rede gely? O, dat dit nie sonder rede was nie!

5. Hy wat dus aan julle die Gees gee en wonderwerke onder julle doen, doen Hy dinge deur die doen van die geskrewe wet of vanuit die hoor en doen in vertroue,Gen 15:6

6. net soos wat Avraham in God vertrou het en dit vir hom tot onpartydige opregtheid bereken is?

7. Weet daarom dat dié wat uit die vertroue is, húlle is kinders van Avraham.Gen 12:3; Gen 22:18

8. God het van voor dít af geweet dat die ander nasies deur vertroue onskuldig verklaar sou word voordat aan Avraham die goeie boodskap verkondig is, soos die afgesonderde Skrifte sê: “In jou sal al die nasies geseën word.”

9. So word die wat vertrou, geseën saam met die vertrouende Avraham,Deut 27:26

10. want almal wat ‘staatmaak op die onderhouding van die wet,’ is onder ’n vloek, want daar is geskryf: “Vervloek is elkeen wat nie voortdurend alles sal doen wat in hierdie boek van die wet geskryf is nie.”Hav 2:4

11. Dat ’n mens nie deur die geskrewe wet by God onskuldig verklaar word nie, is duidelik, want dit is geskrywe: “Die onskuldige sal deur vertroue leef,”Lev 18:5

12. maar die geskrewe wet was nie vanuit vertroue nie, maar wie ook al dié dinge doen wat daarin geskrywe is, sal daarin lewe.”Deut 27-28 van die geskrewe wet deur in ons plek ’n Vloek te word, want daar is geskryf: “Vervloek is elkeen wat aan ’n hout hang”Deut 21:22-23

13. Die Gesalfde Een het ons losgekoop van die vloekGen 12:3 en dat ons die belofte van die Gees deur vertroue mag ontvang.

14. sodat die seën van Avraham na die ander nasies kon kom deur Die Gesalfde Een, Yeshua

15. Broers, ek praat menslikerwys: dat ’n menslike verbond, as dit bekragtig is, nie deur enige mens verwerp of enige iets daarin verander kan word nie.

16. Die beloftes is aan Avraham belowe en aan sy Saad as ’n verbond. Hy sê nie vir hom: ‘Aan jou sade,’ asof dit na baie wys nie, maar “Aan jou Saad,” soos na Een: Hom wat Die Gesalfde Een is

17. en ek sê dít: dat die verbond, wat deur God, in Die Gesalfde Een, van die begin af bekragtig is, nie deur die geskrewe wet, wat vier honderd en dertig jaar later gekom het, gekanselleer is om so die belofte tot niet te maak nie,

18. want as die erfenis vanuit die geskrewe wet is, dan is dit nie meer die vervulling van die belofte nie, maar God het dit aan Avraham deur ’n belofte gegee.

19. Hoekom dan die geskrewe wet? Dit is bygevoeg omrede die afdwaling totdat die Erfgenaam sou kom aan Wie die belofte gemaak is en daardie geskrewe wet is deur die belofte gegee, deur die hand van ’n tussenganger.Deut 6:4

20. ’n Tussenganger verteenwoordig nie een alleen nie, maar God is Een.

21. Is die wet wat ons ontvang het teenoorgesteld aan die belofte van God? ’n Verwerplike gedagte, want as daar ’n wet gegee is, wat in staat was om lewe te gee, dan sou die onpartydige opregtheid waarlik vanaf die wet gekom het.

22. Die Skrifte het alles onder die sonde ingesluit sodat die belofte in die vertroue van Yeshua, Die Gesalfde Een, aan die wat vertrou, gegee kon word,

23. maar voordat die vertroue gekom het, is ons begelei deur die wet terwyl ons afgesny was van die vertroue wat op die punt was om openbaar te word.

24. Die geskrewe wet was dus vir ons ’n gids na Die Gesalfde Een toe sodat ons onskuldig verklaar kan word deur vertroue,

25. maar sedert die vertroue gekom het, is ons nie onder ’n gids nie,

26. want julle is almal kinders van God deur die vertroue in Yeshua, Die Gesalfde Een,

27. want julle almal wat in Die Gesalfde Een gedoop is, het Die Gesalfde Een aangetrek.

28. Daar is nie Jood of Arameër nie, daar is nie slaaf of vryman nie, daar is nie man of vrou nie, maar julle is almal een in eenheid met Die Gesalfde Een, Yeshua.

29. As julle aan Die Gesalfde Een behoort, is julle die saad van Avraham en volgens die belofte, erfgename.