Ou Testament

Nuwe Testament

Galasiërs 1:8-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Selfs as ons, of ’n boodskapper uit die hemel, vir julle ’n goeie boodskap verkondig anders as die goeie boodskap wat ons aan julle verkondig het, sal hy vervloek wees!

9. Net soos wat ons dit van die begin af sê, sê ek nou ook weer: enige iemand wat aan julle ’n goeie boodskap verkondig anders as die wat julle ontvang het, sal vervloek wees!

10. Soek ek inderdaad nou die aanvaarding van mense, of van God? Probeer ek om mense tevrede te stel? As ek tot nou toe mense tevredegestel het, dan is ek nie ’n slaaf van Die Gesalfde Een nie,

11. maar ek verklaar teenoor julle, my broers, dat die goeie boodskap wat deur my verkondig is, nie vanaf die mens is nie

12. en ek het ook nie vanaf ’n mens lering gekry in die openbaring van Yeshua, Die Gesalfde Een, nie.

13. Julle het gehoor van my vroeëre lewenswyse, wat in Judaïsme was, veral dat ek die gemeente van God uitermate vervolg en dit vernietig het

14. en dat ek in Judaïsme uitgestyg het ver bo baie volksgenote van my eie ouderdom en baie ywerig was aangaande die leringe van my voorvaders.

Lees volledige hoofstuk Galasiërs 1