Ou Testament

Nuwe Testament

Galasiërs 1:14-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. en dat ek in Judaïsme uitgestyg het ver bo baie volksgenote van my eie ouderdom en baie ywerig was aangaande die leringe van my voorvaders.

15. Toe God, wat my afgesonder het van die baarmoeder van my moeder af en my deur Sy onverdiende guns geroep het, dit egter goed gedink het,

16. om Sy Seun in my te openbaar sodat ek Hom onder die ander nasies sou verkondig, het ek dit nie dadelik aan enige mens openbaar nie

17. en ook nie na Yerushalayim opgegaan na dié wat voor my afgevaardigdes was nie, maar na Arabië gegaan en toe weer na Dammesek teruggekom.

18. Ná drie jaar het ek na Yerushalayim opgegaan om Kefa te ontmoet en vyftien dae by hom gebly

19. en ek het geen ander van die afgevaardigdes gesien nie, behalwe Ya’akov, die broer van ons Meester.

20. Hierdie dinge wat ek vir julle skryf: let op, in die Teenwoordigheid van God, ek lieg nie!

21. Na hierdie dinge het ek na die streke van Sirië en Kilikia gegaan

22. en my gesig was onbekend by die gemeentes van Die Gesalfde Een in Y’hudah,

23. maar hulle het slegs dit gehoor: hy wat hulle vroeër vervolg het, let op, verkondig nou die vertroue wat hy vroeër omver probeer werp het

24. en hulle het God geloof en geprys vir my.

Lees volledige hoofstuk Galasiërs 1