Ou Testament

Nuwe Testament

Filippense 3:8-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Ek beskou ook al hierdie dinge as verlies ter wille van die verhewe kennis van Yeshua, Die Gesalfde Een, my Meester, ter wille van wie ek alles verloor het en as gemors beskou het, om Die Gesalfde Een as wins te verkry

9. en dat ek in eenheid met Hom gevind sal word, nie met my onpartydige opregtheid wat uit die geskrewe wet is nie, maar dié wat deur die vertroue van Die Gesalfde Een is, die onpartydige opregtheid wat uit God is

10. sodat ek Yeshua en die wonderwerkende krag van Sy opstanding daardeur kan ken en kan deel aan Sy lyding en gelykvormig gemaak kan word aan Sy dood

11. sodat ek miskien in staat sal wees om die opstanding uit die dood te kan behaal.

12. Nie dat ek dit nou al gekry het of al volmaak gemaak is nie, maar ek hardloop asof ek dit in besit kan neem, waarvoor ek ook deur Yeshua, Die Gesalfde Een, in besit geneem is.

13. My broers, ek reken nie dat ek dit self in besit geneem het nie, maar een ding weet ek: dit wat agter my is, het ek vergeet en ek strek my uit na wat voor is

14. en hardloop na die einddoel om die prys te verkry van die hoogste roeping van God in Yeshua, Die Gesalfde Een.

15. Laat almal wat volwasse geword het, deur hierdie dinge oortuig wees en as julle van iets anders oortuig is, sal God ook dit aan julle openbaar.

Lees volledige hoofstuk Filippense 3