Ou Testament

Nuwe Testament

Filippense 3:2-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. Wees versigtig vir honde; wees versigtig vir werkers van boosheid; wees versigtig vir die vleeslike besnyers,

3. want óns is die besnydenis, die van ons wat God in die Gees dien en roem in Yeshua, Die Gesalfde Een en ons vertrou nie op die vlees nie;

4. alhoewel ek ook rede het om te vertrou op die vleeslike. As iemand anders dink dat hy op die vleeslike kan vertrou, ek nog meer:Gen 17:8-12 vanuit die familie van Yisra’el, vanuit die stam van Binyamin; ’n Hebreër, seun van ’n Hebreër; in die geskrewe wet ’n Fariseër;

5. besny op die agtste dag,

6. in ywer, ’n vervolger van die gemeente; volgens die onpartydige opregtheid wat in die wet vereis word, onberispelik,

7. maar hiérdie, wat vir my voordele was, beskou ek as verliese, as gevolg van Die Gesalfde Een.

8. Ek beskou ook al hierdie dinge as verlies ter wille van die verhewe kennis van Yeshua, Die Gesalfde Een, my Meester, ter wille van wie ek alles verloor het en as gemors beskou het, om Die Gesalfde Een as wins te verkry

9. en dat ek in eenheid met Hom gevind sal word, nie met my onpartydige opregtheid wat uit die geskrewe wet is nie, maar dié wat deur die vertroue van Die Gesalfde Een is, die onpartydige opregtheid wat uit God is

10. sodat ek Yeshua en die wonderwerkende krag van Sy opstanding daardeur kan ken en kan deel aan Sy lyding en gelykvormig gemaak kan word aan Sy dood

11. sodat ek miskien in staat sal wees om die opstanding uit die dood te kan behaal.

Lees volledige hoofstuk Filippense 3