Ou Testament

Nuwe Testament

Filippense 3:17-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

17. Volg my na, my broers en let op na dié wat leef volgens die voorbeeld wat julle in ons gesien het,

18. want daar is baie wat anders leef, van wie ek dit baie vir julle gesê het en nou ook huilend sê: hulle is vyande van die kruis van Die Gesalfde Een.

19. Hulle einde is die vernietiging; hulle god is die maag en hulle eer en lof is in hulle skande, deurdat hulle aardse dinge bedink,

20. maar ons besigheid is in die hemel en komend van daar kyk ons ook vir die Lewegewer: ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een,

21. want Hy sal ons vernederde liggaam verander, om te wees volgens die beeld van Sy liggaam van lof en eer volgens Sy groot krag, waardeur alles aan Hom gehoorsaam gemaak word.

Lees volledige hoofstuk Filippense 3