Ou Testament

Nuwe Testament

Filippense 3:12-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Nie dat ek dit nou al gekry het of al volmaak gemaak is nie, maar ek hardloop asof ek dit in besit kan neem, waarvoor ek ook deur Yeshua, Die Gesalfde Een, in besit geneem is.

13. My broers, ek reken nie dat ek dit self in besit geneem het nie, maar een ding weet ek: dit wat agter my is, het ek vergeet en ek strek my uit na wat voor is

14. en hardloop na die einddoel om die prys te verkry van die hoogste roeping van God in Yeshua, Die Gesalfde Een.

15. Laat almal wat volwasse geword het, deur hierdie dinge oortuig wees en as julle van iets anders oortuig is, sal God ook dit aan julle openbaar.

16. Laat ons egter daarby kom en op een pad volg, in een gesindheid.

17. Volg my na, my broers en let op na dié wat leef volgens die voorbeeld wat julle in ons gesien het,

18. want daar is baie wat anders leef, van wie ek dit baie vir julle gesê het en nou ook huilend sê: hulle is vyande van die kruis van Die Gesalfde Een.

19. Hulle einde is die vernietiging; hulle god is die maag en hulle eer en lof is in hulle skande, deurdat hulle aardse dinge bedink,

20. maar ons besigheid is in die hemel en komend van daar kyk ons ook vir die Lewegewer: ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een,

Lees volledige hoofstuk Filippense 3