Ou Testament

Nuwe Testament

Filippense 2:11-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. en elke tong sal erken dat Yeshua, Die Gesalfde Een, יהוה is, tot eer, lof en aanbidding van God-die-Vader.Ps 2:11

12. Julle vir wie ek liefhet, soos julle altyd gehoorsaam was, nie in my teenwoordigheid alleen nie, maar baie meer nou in my afwesigheid, meer as ooit, doen daarom die diens van julle lewe met vrees en bewing,

13. want God werk versigtig in julle om beide te begeer asook om dit te doen waarna julle begeer.

14. Doen alles sonder om te kla en sonder verdeeldheidDeut 32:5 onder wie julle skyn soos ligte in die wêreld,

15. sodat julle volmaak en onberispelik kan wees, as gereinigde kinders van God wat in ’n harde en verdraaide geslag leef,

16. want julle staan in die plek van lewe vir hulle; vir my om oor te roem in die dag van Die Gesalfde Een, want ek het nie verniet gehardloop of vir niks gewerk nie,

17. maar al word ek as ’n drankoffer uitgegooi oor julle offer en die diens van julle vertroue, verbly en verheug ek my saam met julle almal.

18. Net so moet julle ook saam met my bly wees en julle verheug.

19. Ek verwag, in eenheid met ons Meester, Yeshua, om Timotheos gou na julle te stuur sodat dit vir my ook verfrissend kan wees wanneer ek van julle hoor,

20. want ek het niemand anders hier wat net soos ek ernstig omgee vir julle nie,

21. want hulle soek almal hul eie belange, nie dié van Die Gesalfde Een, Yeshua nie.

Lees volledige hoofstuk Filippense 2