Ou Testament

Nuwe Testament

Filippense 1:3-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. Ek dank my God elke keer as ek aan julle dink.

4. Ek bid in al my gebede, oor julle almal terwyl ek met blydskap intree

5. vir julle vennootskap met die goeie boodskap van die eerste dag af tot nou toe

6. omdat ek vertrou aangaande dit, dat Hy wat ’n goeie werk in julle begin het, dit sal vervolmaak tot op die dag van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een.

7. Dit is vir my reg om so van julle almal te dink omdat ek julle in my gedagtes, wil en emosie hou, aangesien julle almal in my boeie, sowel as in die verdediging en bevestiging van die goeie boodskap, my deelgenote in die onverdiende guns is,

8. want God is my getuie hoe lief ek vir julle is met die omgee van Yeshua, Die Gesalfde Een.

9. Dit bid ek: dat julle liefde mag vermeerder en dat julle meer oorvloedig mag word in kennis en in volle begrip van die Gees,

10. om die dinge te kan onderskei wat paslik is en julle rein, sonder aanklag, mag wees op die dag van Die Gesalfde Een,

11. volgemaak met die vrugte van onpartydige opregtheid wat daar is in Yeshua, Die Gesalfde Een, tot eer, lof en aanbidding van God.

12. Ek wil hê dat julle moet weet, my broers, dat my omstandighede al hoe meer tot voordeel van die goeie boodskap gebeur het,

13. deurdat my ‘boeie in Die Gesalfde Een’ bekend geword het by die hele paleis en by al die ander.

14. ’n Menigte van die broers wat in ons Meester is, het deur my boeie vrymoedige vertroue gekry en al hoe meer gewaag om die boodskap van God sonder vrees te verkondig.

15. Sommige verkondig Die Gesalfde Een wel ook uit jaloesie en tweespalt, maar sommige in goedgesindheid en in liefde,

16. want hulle weet dat ek aangestel is om uit te gaan in verdediging van die goeie boodskap,

17. maar dié wat uit tweespalt Die Gesalfde Een verkondig, is nie opreg nie, maar hoop om lyding by my gevangeskap by te voeg.

Lees volledige hoofstuk Filippense 1