Ou Testament

Nuwe Testament

Filippense 1:1-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Sha’ul en Timotheos, slawe van Yeshua, Die Gesalfde Een, aan al die afgesonderdes wat in Die Gesalfde Een, Yeshua, in Filippoi is, saam met die oudstes en dié wat bedien:

2. onverdiende guns vir julle en vrede, vergenoegdheid, gesondheid en voorspoed van God, ons Vader en van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een!

3. Ek dank my God elke keer as ek aan julle dink.

4. Ek bid in al my gebede, oor julle almal terwyl ek met blydskap intree

5. vir julle vennootskap met die goeie boodskap van die eerste dag af tot nou toe

6. omdat ek vertrou aangaande dit, dat Hy wat ’n goeie werk in julle begin het, dit sal vervolmaak tot op die dag van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een.

7. Dit is vir my reg om so van julle almal te dink omdat ek julle in my gedagtes, wil en emosie hou, aangesien julle almal in my boeie, sowel as in die verdediging en bevestiging van die goeie boodskap, my deelgenote in die onverdiende guns is,

8. want God is my getuie hoe lief ek vir julle is met die omgee van Yeshua, Die Gesalfde Een.

Lees volledige hoofstuk Filippense 1