Ou Testament

Nuwe Testament

Filemon 1:9-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. maar as gevolg van die liefde, smeek ek, Sha’ul, nou ’n ou man, asook ’n gevangene van Yeshua, Die Gesalfde Een;

10. smeek ek jou, aangaande my kind, wat vir my gebore is in my kettings, Onesimos,

11. hy wat vroeër vir jou waardeloos was, maar nou baie bruikbaar is vir jou en vir my.

12. Ek stuur hom vir jou, ontvang hom egter soos my seun.

13. Ek wou hom by my hou sodat hy my in die kettings, ter wille van die goeie boodskap, namens jou kan dien,

14. maar sonder jou goedkeuring wou ek niks doen nie sodat jou goedheid nie uit verpligting sou wees nie, maar uit gewilligheid,

15. want miskien was hy om hierdie rede ’n tydjie van jou af weg sodat jy hom vir altyd kan hou,Lev 25:39

16. van nou af nie as ’n slaaf nie, maar méér as ’n slaaf, as ’n broer in die vlees vir wie ons lief is, hoeveel te meer joune, beide in die vlees en in ons Meester;

17. daarom, as jy in eenheid met ons is, ontvang hom as myne.

18. As hy jou tekort gedoen het of iets skuld, sit dit op my rekening.

Lees volledige hoofstuk Filemon 1