Ou Testament

Nuwe Testament

Filemon 1:3-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. onverdiende guns vir julle en vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid van God-ons-Vader en van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een!

4. Ek dank my God elke keer wanneer ek jou in my gebede onthou,

5. vandat ek van jou liefde en vertroue gehoor het, wat jy teenoor ons Meester, Yeshua en teenoor al die afgesonderdes het,

6. op só manier, dat die gemeenskap van jou vertroue vrug mag dra in dade en in kennis van alles wat goed is in jou, in eenheid met Yeshua, Die Gesalfde Een.

7. Ons vreugde en versterking is groot, want deur jou liefde is die verstand, wil en emosies van die afgesonderdes verkwik.

8. As gevolg hiervan is my vrymoedigheid groot in Die Gesalfde Een om jou te beveel wat reg is,

9. maar as gevolg van die liefde, smeek ek, Sha’ul, nou ’n ou man, asook ’n gevangene van Yeshua, Die Gesalfde Een;

10. smeek ek jou, aangaande my kind, wat vir my gebore is in my kettings, Onesimos,

11. hy wat vroeër vir jou waardeloos was, maar nou baie bruikbaar is vir jou en vir my.

12. Ek stuur hom vir jou, ontvang hom egter soos my seun.

13. Ek wou hom by my hou sodat hy my in die kettings, ter wille van die goeie boodskap, namens jou kan dien,

Lees volledige hoofstuk Filemon 1