Ou Testament

Nuwe Testament

Filemon 1:18-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. As hy jou tekort gedoen het of iets skuld, sit dit op my rekening.

19. Ek, Sha’ul, het dit met my eie hand geskryf: ek sal ten volle betaal, sonder om te noem dat jy jou eie persoon aan my verskuldig is!

20. Ja, my broer, ek is verfris deur jou in ons Meester! Bevredig my liefde in Die Gesalfde Een.

21. Omdat ek vertrou dat jy na my sal luister en dit doen, het ek vir jou geskryf en ek weet dat jy nog meer sal doen as wat ek gevra het,

22. maar saam met dit, berei ook verblyf voor vir my, want ek verwag dat ek deur julle gebede aan julle gegee sal word.

23. Epafras, my medegevangene in Yeshua, Die Gesalfde Een, groet jou;

24. ook Markos, Aristargos, Demas en Luka, wat my help.

Lees volledige hoofstuk Filemon 1