Ou Testament

Nuwe Testament

Filemon 1:1-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Sha’ul, ’n gevangene van Yeshua, Die Gesalfde Een en die broer Timotheos: aan Filémon, ons medewerker, vir wie ons lief is,

2. aan Apfia, vir wie ons lief is, aan Argippos, ons medewerker en aan die gemeente wat in jou huis is:

3. onverdiende guns vir julle en vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid van God-ons-Vader en van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een!

4. Ek dank my God elke keer wanneer ek jou in my gebede onthou,

5. vandat ek van jou liefde en vertroue gehoor het, wat jy teenoor ons Meester, Yeshua en teenoor al die afgesonderdes het,

6. op só manier, dat die gemeenskap van jou vertroue vrug mag dra in dade en in kennis van alles wat goed is in jou, in eenheid met Yeshua, Die Gesalfde Een.

7. Ons vreugde en versterking is groot, want deur jou liefde is die verstand, wil en emosies van die afgesonderdes verkwik.

8. As gevolg hiervan is my vrymoedigheid groot in Die Gesalfde Een om jou te beveel wat reg is,

Lees volledige hoofstuk Filemon 1