Ou Testament

Nuwe Testament

Efesiërs 6:21-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

21. Tugikos, ’n vertrouenswaardige dienaar in die Meester en die broer vir wie ons lief is, sal julle alles vertel wat ek doen sodat julle ook my omstandighede kan ken.

22. Ek sal hom juis hiervoor na julle toe stuur sodat julle ons omstandighede kan ken en hy julle gedagtes, wil en emosie kan versterk en vertroos.

23. Vrede, vergenoegdheid, gesondheid en voorspoed vir ons broers en liefde, saam met vertroue, vanaf God-die-Vader en van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een!

24. Die onverdiende guns bly saam met almal wat ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een sonder korrupsie liefhet! Dit is waar!

Lees volledige hoofstuk Efesiërs 6