Ou Testament

Nuwe Testament

Efesiërs 6:2-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. Hierdie is die eerste opdrag met ’n belofte:Eks 20:12

3. sodat dit met jou goed mag gaan en jou lewe lank mag wees op die aarde.”Gen 18:19

4. Vaders, moenie julle kinders kwaad maak nie, maar maak hulle groot in die dissiplinêre tug en in die leringe van ons Meester.

5. Slawe, gehoorsaam julle meesters na die vlees, met respekvolle vrees en bewing en in eenvoudigheid van verstand, wil en emosie, soos Die Gesalfde Een;

6. nie wat nodig het om dopgehou te word soos mensebehaers nie, maar soos slawe van Die Gesalfde Een wat die wil van God doen

7. en dien hulle vanuit jou hele wese in liefde, soos ons Meester en nie mense nie.

8. Soos julle weet, sal elkeen, vir die goeie wat hy doen, beloning van ons Meester kry, of hy ’n slaaf of ’n vryman is.

9. So ook julle, meesters; doen dieselfde teenoor hulle en vergewe hulle oortredinge omdat julle weet dat ook julle eie Meester in die hemel is en by Hom is geen partydigheid nie.

10. Wees daarom, my broers, versterk in ons Meester en in die grootheid van Sy krag.

11. Trek al die wapenrusting van God aan sodat julle in staat is om staande te kan bly teen die strategieë van die teëstander,

12. want julle geveg is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die heersers, teen die outoriteite, teen die heersers van hierdie wêreld van duisternis en teen bose geeste onder die hemel.

13. Trek daarom, al die wapenrusting van God aan sodat julle in staat sal wees om die bose een te konfronteer en wanneer julle gereed is in alle dinge, sal julle staan.Yes 11:5; 1 Kef 1:13 om julle heupe vas en trek die borsplaat van onpartydige opregtheid aanYes 59:17

14. Staan daarom en maak die gordel van waarheidYes 52:7

15. en bind die skoene aan julle voete vas in voorbereiding vir die goeie boodskap van vrede, vergenoegdheid, gesondheid en voorspoed.

16. By dit alles tel die skild van vertroue op sodat julle die krag sal hê om al die brandende pyle van die Bose te kan uitblus.Yes 59:17 en tel die swaard van die Gees op, wat die Boodskap van God is.

17. Sit die kopskerm van verlossing op

Lees volledige hoofstuk Efesiërs 6