Ou Testament

Nuwe Testament

Efesiërs 6:11-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Trek al die wapenrusting van God aan sodat julle in staat is om staande te kan bly teen die strategieë van die teëstander,

12. want julle geveg is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die heersers, teen die outoriteite, teen die heersers van hierdie wêreld van duisternis en teen bose geeste onder die hemel.

13. Trek daarom, al die wapenrusting van God aan sodat julle in staat sal wees om die bose een te konfronteer en wanneer julle gereed is in alle dinge, sal julle staan.Yes 11:5; 1 Kef 1:13 om julle heupe vas en trek die borsplaat van onpartydige opregtheid aanYes 59:17

14. Staan daarom en maak die gordel van waarheidYes 52:7

15. en bind die skoene aan julle voete vas in voorbereiding vir die goeie boodskap van vrede, vergenoegdheid, gesondheid en voorspoed.

16. By dit alles tel die skild van vertroue op sodat julle die krag sal hê om al die brandende pyle van die Bose te kan uitblus.Yes 59:17 en tel die swaard van die Gees op, wat die Boodskap van God is.

Lees volledige hoofstuk Efesiërs 6