Ou Testament

Nuwe Testament

Efesiërs 6:1-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Kinders, gehoorsaam jul ouers in eenheid met ons Meester, want dit is reg.Deut 5:16 “Eer en respekteer jou vader en jou moeder

2. Hierdie is die eerste opdrag met ’n belofte:Eks 20:12

3. sodat dit met jou goed mag gaan en jou lewe lank mag wees op die aarde.”Gen 18:19

4. Vaders, moenie julle kinders kwaad maak nie, maar maak hulle groot in die dissiplinêre tug en in die leringe van ons Meester.

5. Slawe, gehoorsaam julle meesters na die vlees, met respekvolle vrees en bewing en in eenvoudigheid van verstand, wil en emosie, soos Die Gesalfde Een;

6. nie wat nodig het om dopgehou te word soos mensebehaers nie, maar soos slawe van Die Gesalfde Een wat die wil van God doen

7. en dien hulle vanuit jou hele wese in liefde, soos ons Meester en nie mense nie.

8. Soos julle weet, sal elkeen, vir die goeie wat hy doen, beloning van ons Meester kry, of hy ’n slaaf of ’n vryman is.

Lees volledige hoofstuk Efesiërs 6