hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6

Ou Testament

Nuwe Testament

Efesiërs 5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Wees julle daarom nabootsers van God soos kinders vir wie Hy lief is

2. en leef in liefde, net soos Die Gesalfde Een ons ook liefgehad het en Homself vir ons oorgegee het as ’n offer en slagoffer aan God tot ’n soet reuk,

3. maar seksuele oortredinge en alle onreinheid of gulsigheid moet onder julle selfs nie genoem word nie, soos dit gepas is by afgesonderdes,

4. ook nie beledigende, dwase, growwe of onsinnige praatjies, wat nie nodig is nie, maar eerder van dankbaarheid,

5. want hierdie weet julle, dat daar vir die seksuele oortreder of onreine of gierigaard, wat ’n afgodsaanbidder is, nie ’n erfporsie in die Koninkryk van Die Gesalfde Een en van God is nie.

6. Laat niemand julle met leë woorde mislei nie, want daardeur kom die woede van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid;

7. moet daarom nie vennote saam met hulle word nie,

8. want julle was eers duisternis, maar nou is julle lig in eenheid met ons Meester. Leef daarom soos kinders van die Lig,

9. want die vrug van die Lig bestaan in alle goedheid, onpartydige opregtheid en waarheid.

10. Onderskei wat voor ons Meester aanvaarbaar is

11. en moet ook nie gemeenskap hê met diensknegte van die duisternis nie, want daar is geen vrug in hulle nie, maar jy moet hulle bestraf,

12. want wat hulle in die privaatheid doen is afskuwelik, selfs om te noem,Yog 3:20,21

13. maar alles word uitgewys vanuit die lig en word openbaar, want alles wat iets openbaar, is lig.Rom 13:11; 1 Thes 5:6

14. Dit word daarom gesê: “Word wakker, jy wat slaap en staan op vanuit hulle wat dood is en Die Gesalfde Een sal jou verlig.”

15. Kyk daarom presies hoe julle leef: eerbaar, nie soos dwase nie, maar soos wyses

16. wat hulle geleenthede uitkoop omdat die dae boos is.

17. As gevolg hiervan moet julle nie dwaas word nie, maar verstaan wat die wil van die Meester is.

18. Moenie dronk word van wyn nie, daarin is losbandigheid, maar word voortdurend met die Gees vervul.

19. Praat met julleself in psalms, lofliedere en liedere van die Gees en sing in julle gedagtes, wil en emosie tot יהוה:

20. Gee altyd dank tot God-die-Vader vir almal, in die Karakter en Outoriteit (Naam) van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een

21. en wees aan mekaar gehoorsaam in die liefde van Die Gesalfde Een.

22. Vroue, wees aan julle eie mans gehoorsaam, net soos aan ons Meester,

23. want die man is die hoof van die vrou, net soos Die Gesalfde Een ook Hoof is van die gemeente en Hy is die Redder van die liggaam,

24. maar soos die gemeente aan Die Gesalfde Een gehoorsaam is, op dieselfde manier moet die vroue ook, in alles, aan hul eie mans wees.

25. Mans julle moet julle eie vroue liefhê, net soos Die Gesalfde Een ook die gemeente liefgehad en Homself om haar ontwil oorgegee het,

26. om dit af te sonder en te reinig in die wassing met water (Mikveh) en in die WoordLvL 4:7

27. en Hy sal die gemeente vir Hom bevestig, wanneer dit vol lof en eer, sonder vlek of kreukel of enige iets soortgelyks is, maar dit moet afgesonderd en sonder fout wees.

28. Op dié manier moet mans hulle eie vroue liefhê soos hul eie liggame. Wie sy eie vrou liefhet, het homself lief,

29. want niemand het ooit sy eie liggaam gehaat nie, maar hy voed en sorg vir sy eie, net soos die Meester vir die gemeente,

30. want ons is ledemate van Sy liggaam, van Sy vlees en van Sy bene.Gen 2:24

31. “Die man moet daarom sy vader en sy moeder verlaat en hom aan sy vrou verbind en hulle twee sal een liggaam wees.”

32. Hierdie geheim is groot, maar ek sê dit met die oog op Die Gesalfde Een en die gemeente,

33. maar oók vir elkeen van julle, wat oók afsonderlik sy eie vrou moet liefhê, net soos homself en die vrou moet haar man respekteer.