Ou Testament

Nuwe Testament

Efesiërs 3:1-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Om hierdie rede is ek, Sha’ul, vir júlle van ander nasies se ontwil, die gevangene van Die Gesalfde Een, Yeshua.

2. As julle gehoor het van die toepassing van die onverdiende guns van God wat aan my gegee is tussen julle

3. dat Hy aan my deur ’n openbaring die geheim, soos ek vroeër in kort geskryf het, geleer het;

4. waardeur julle, as julle dit lees, my insig in die geheim van Die Gesalfde Een kan verstaan,

5. wat in ander generasies nie aan die kinders van die mens bekend gemaak is soos dit nou aan Sy afgesonderde afgevaardigdes en profete openbaar word deur die Gees nie:

6. dat die ander nasies mede-erfgename is, lede van Sy liggaam en van die belofte wat in Hom gegee is deur die goeie boodskap.

7. Dit waarvan ek ’n bedienaar geword het, volgens die geskenk van die onverdiende guns van God wat aan my gegee is, volgens die aksie van Sy wonderwerkende krag.

8. Aan my, die geringste van al die afgesonderdes, is hierdie onverdiende guns gegee om onder die ander nasies die goeie boodskap van die rykdom van Die Gesalfde Een, wat nie ondersoek word nie, te verkondig

9. en dat ek elke persoon die lig laat sien deur die toepassing van die geheim, wat verborge was vir die wêreld, in God, die Skepper van alles

10. sodat die groot en omvattende wysheid van God, deur die heersers en outoriteite wat in die hemele is, deur die gemeente geken sal word.

11. Dit wat Hy voorbereid gehad het vanaf ewigheid en uitgevoer het in Yeshua, Die Gesalfde Een, ons Meester,

Lees volledige hoofstuk Efesiërs 3