Ou Testament

Nuwe Testament

Efesiërs 1:5-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. en ons as kinders gevestig het deur Yeshua, Die Gesalfde Een, want dit stel Sy wil tevrede

6. sodat die eer en lof van Sy onverdiende guns geprys kan word, wat oorvloei op ons deur die Een wat Hy liefhet,

7. want in Hom is daar vir ons vryspraak en deur Sy bloed die vergifnis van sondes volgens die rykdom van Sy onverdiende guns,

8. wat oorvloedig in ons is in alle wysheid en verstandelike insig.

9. Hy het ook aan ons die geheime van Sy wil geleer, dit wat Hy vroeër besluit het om in Homself te doen

10. vir die uitvoering van die einde van tye; alle dinge word in die hemel en op die aarde deur Die Gesalfde Een van voor af nuut gemaak.

11. In eenheid met Hom is ons gekies soos Hy ons vroeër aangestel het en het Hy gewil dat Hy alles sal doen volgens die doel van Sy wil

12. sodat ons, wat eerste ’n versekerde verwagting in Die Gesalfde Een gehad het, kan wees tot eer en lof van Sy Gemanifesteerde Teenwoordigheid

13. sodat julle ook, die boodskap van die waarheid, die goeie boodskap van julle redding deur Hom, gehoor het, in Wie julle vertrou het en julle geseël is in die Gees van Afsondering wat belowe is,

14. wat die waarborg is van ons erfenis, tot die losprys van hulle wat gered is en vir die eer en lof van Sy Gemanifesteerde Teenwoordigheid.

15. Om hierdie rede, let op, vandat ek gehoor het van julle vertroue wat in ons Meester Yeshua is en julle liefde tot die afgesonderdes,

16. hou ek nie op om dankie te sê vir julle en om julle te onthou in my gebede nie

17. sodat die God van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, die Vader van eer, lof en aanbidding, aan julle die Gees van wysheid en openbaring mag gee saam met kennis van Hom

18. en dat die oë van julle verstand, wil en emosie verhelder sal word sodat julle kan weet wat die versekerde verwagting van Sy roeping en wat die rykdom van Sy erfdeel van eer en lof is onder die afgesonderdes

Lees volledige hoofstuk Efesiërs 1