Ou Testament

Nuwe Testament

3 Yoganan 1:8-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Ons is dit daarom verskuldig om sulke mense te ontvang sodat ons medewerkers van die waarheid kan wees.

9. Ek wou aan die vergadering skryf, maar Diotrefes, wat onder hulle die belangrikste wil wees, het ons nie ontvang nie.

10. As gevolg hiervan, sal ek, as ek sou kom, die dade onthou wat hy gedoen het. Hy het met bose woorde sleg gepraat van ons en asof dit nie genoeg is nie, het hy nie hierdie broers ontvang nie en verbied ook dié wat dit wil doen en gooi hulle uit die gemeente uit.

11. Jy, vir wie ons lief is, moenie navolg wat boos is nie, maar wat goed is. Hy wat goed doen, is vanuit God, maar hy wat die bose doen, het God nie gesien nie.

12. Aangaande Demetrios: hy het ’n getuienis by almal, by die gemeente en vanaf die Waarheid self. Ons getuig ook van hom en julle weet dat ons getuienis waar is.

13. Ek het baie dinge gehad om vir jou te skryf, maar ek wil nie met ink en rietpen vir jou skryf nie,

14. maar ek hoop om jou gou te sien en persoonlik te praat. Vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid vir jou! Die vriende groet jou. Groet die vriende elkeen by die naam.

Lees volledige hoofstuk 3 Yoganan 1