Ou Testament

Nuwe Testament

3 Yoganan 1:1-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die oudste: Liewe Gaios, wat ek in waarheid liefhet.

2. Jy, vir wie ons lief is, ek bid dat dit met jou in alles voorspoedig mag gaan en dat jy gesond is, net soos dit met jou gees voorspoedig gaan,

3. want ek was baie bly toe daar broers kom en van jou vertrouenswaardigheid getuig, net soos jy voortdurend in die waarheid leef.

4. Niks gee my groter blydskap, as dat ek hoor dat my kinders in die waarheid leef, nie.

5. Jy, vir wie ons lief is, jy doen alles wat jy doen vir die broers in vertroue en spesiaal vir dié wat vreemdelinge is,

6. aan wie jy goed gedoen het en vir hulle, waardig voor God, voorsien het, wat van jou liefde voor die hele gemeente getuig het,

7. want hulle het vir Sy Naam (Karakter en Outoriteit) uitgegaan sonder om iets van die ongelowiges te neem.

8. Ons is dit daarom verskuldig om sulke mense te ontvang sodat ons medewerkers van die waarheid kan wees.

9. Ek wou aan die vergadering skryf, maar Diotrefes, wat onder hulle die belangrikste wil wees, het ons nie ontvang nie.

10. As gevolg hiervan, sal ek, as ek sou kom, die dade onthou wat hy gedoen het. Hy het met bose woorde sleg gepraat van ons en asof dit nie genoeg is nie, het hy nie hierdie broers ontvang nie en verbied ook dié wat dit wil doen en gooi hulle uit die gemeente uit.

Lees volledige hoofstuk 3 Yoganan 1