Ou Testament

Nuwe Testament

2 Yoganan 1:7-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. want baie misleiers het uitgegaan in die wêreld in: die een wat nie bely dat Yeshua, Die Gesalfde Een, in die vlees gekom het nie; hy is ’n misleier en teëstander teen Die Gesalfde Een.

8. Gee aandag aan julle lewe dat julle nie enige iets verloor waarvoor julle gewerk het nie, maar dat julle ’n volle loon kan ontvang.

9. Elkeen wat ’n oortreder is en nie aanhou in die leer van Die Gesalfde Een nie; God is nie in hom nie. Hy wat aanhou in Sy leer, hy het die Vader sowel as die Seun.

10. As iemand na julle toe kom en nie hierdie leer bring nie, moet hom nie in die huis ontvang nie en nie vir hom sê, “welkom aan jou,” nie,

11. want hy wat vir hom sê “welkom aan jou,” het deel aan sy bose dade.

12. Alhoewel ek baie het om aan julle te skryf, wou ek dit nie met perkament en ink doen nie, maar ek hoop om na julle toe te kom en persoonlik te praat sodat ons blydskap volkome kan wees.

13. Die kinders van jou gekose suster groet jou. Dit is waar.

Lees volledige hoofstuk 2 Yoganan 1