Ou Testament

Nuwe Testament

2 Yoganan 1:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die oudste: aan die gekose vrou en haar kinders, wat ek in waarheid liefhet en nie ek alleen nie, maar ook almal wat die Waarheid ken,

2. as gevolg van die Waarheid wat in ons bly en tot in ewigheid by ons is.

3. Laat daar by ons in waarheid en in liefde wees: onverdiende guns, liefdevolle omgee, vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid vanaf God-die-Vader en vanaf ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, die Seun van die Vader.

4. Ek was baie bly toe ek van jou kinders gekry het wat in waarheid leef, volgens die opdrag wat ons van die Vader gekry het

5. en nou vra ek van jou, vrou, nie asof ek ’n nuwe opdrag aan jou skryf nie, maar een wat ons van die begin af gehad het: dat ons mekaar moet liefhê.Yog 15:14

6. Dit is liefde: dat ons leef volgens Sy opdragte. Dit is die opdrag, wat julle van die begin af gehoor het, waarin julle leef,1 Yog 2:22-23

Lees volledige hoofstuk 2 Yoganan 1