Ou Testament

Nuwe Testament

2 Timotheos 3:12-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Almal wat kies om in die aanbidding van God, in eenheid met Yeshua, Die Gesalfde Een te leef, word vervolg,

13. maar bose mense en verleiers sal byvoeg by hulle boosheid, soos hulle afdwaal en mislei.

14. Bly jy egter in daardie dinge wat jy geleer het en waarvan jy seker is omdat jy weet van wie jy geleer het

15. en omdat jy van kindsbeen af die afgesonderde Geskrifte geleer is wat jou wys kan maak tot die Lewe in die vertroue van Yeshua, Die Gesalfde Een.

16. Elke geskrif wat deur die Gees geskryf is, is voordelig vir lering, vir korreksie, vir rigting en vir ’n kursus in onpartydige opregtheid

Lees volledige hoofstuk 2 Timotheos 3