Ou Testament

Nuwe Testament

2 Timotheos 3:1-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Jy moet dít weet, dat daar in die laaste dae harde tye sal kom.

2. Die mense sal lief wees vir hulleself en lief wees vir geld, grootpraters, trotsaards, kwaadpraters teen God, nie lojaal aan hulle eie mense nie, verwerpers van die onverdiende guns, boosaards,

3. slegpraters van ander, gevangenes van begeertes, wreedaards, haters van die goeie,

4. verraaiers, impulsief, arrogant, wat begeertes meer liefhet as die liefde van God.

5. Hulle het ’n vorm van respek vir God en is ver verwyderd van Sy krag. Verwyder sulke mense van jou af,

6. want vanuit hulle is sommige wat van huis tot huis sluip en vroue wat begrawe is onder sondes en deur allerhande begeertes gelei word, gevange neem;

7. wat altyd leer en nooit tot die kennis van die waarheid kan kom nie.

8. Net soos Yannes en Yambres teen Moshe opgestaan het, so staan ook hierdie mense teen die waarheid op, mense wat hulle verstand korrup maak en uit die vertroue verwerp word.Yir 15:6

Lees volledige hoofstuk 2 Timotheos 3