Ou Testament

Nuwe Testament

2 Timotheos 2:6-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Dit is gepas dat die boer wat hard werk, eerste deur sy vrugte gevoed word.

7. Deurdink wat ek vir jou sê. Mag ons Meester vir jou insig gee in alle dinge!

8. Onthou Yeshua, Die Gesalfde Een, wat uit die dood uit opgestaan het; Hy wat uit die saad van Dawid is, volgens my goeie boodskap,

9. vir Wie ek booshede ervaar tot die punt van boeie soos ’n boosdoener, maar die boodskap van God is nie geketting nie.

10. As gevolg hiervan verdra ek alles ter wille van die wat gekies is sodat hulle ook die lewe wat in Yeshua, Die Gesalfde Een is, kan vind saam met die ewige Gemanifesteerde Teenwoordigheid.

11. Dit is ’n betroubare boodskap, want as ons saam met Hom gesterf het, sal ons ook saam met Hom leweYir 1:17b

12. en as ons volhardend ly, sal ons saam met Hom regeer, maar as ons Hom ontken, sal Hy ons ook ontken

13. en as ons nie in Hom vertrou het nie, Hy bly vertrouenswaardig, want Hy kan Homself nie ontken nie.

14. Herinner hulle aan hierdie dinge en beveel hulle voor ons Meester dat hulle geen stryd oor woorde moet hê, wat geen voordeel inhou, tot die omverwerping van dié wat dit hoor nie.

Lees volledige hoofstuk 2 Timotheos 2