Ou Testament

Nuwe Testament

2 Timotheos 1:8-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Skaam jou daarom nie oor die getuienis van ons Meester en ook nie oor my, sy gevangene nie, maar raak slaags met die bose, deur die krag van God;

9. Hy wat vir ons Lewe gegee het en ons geroep het met ’n afgesonderde roeping, nie volgens ons dade nie, maar volgens Sy wil en die onverdiende guns wat van voor die tyd van die wêreld af, in eenheid met Yeshua, Die Gesalfde Een, aan ons gegee is

10. en wat nou openbaar is deur die openbaring van ons Lewegewer, Yeshua, Die Gesalfde Een, wat die dood waardeloos gemaak het en die Lewe en die onvernietigbaarheid gewys het deur die goeie boodskap;

11. Hy deur Wie ek aangestel is as verkondiger, afgevaardigde en leermeester van die ander nasies.

12. Om hierdie rede verduur ek ook hierdie dinge en skaam ek my nie, want ek weet in Wie ek vertrou en ek is oortuig dat Hy in staat is om my vertroue te bewaar tot daardie dag toe.

13. Hou, as bloudruk van opregte boodskappe, dié wat jy van my gehoor het in die vertroue en liefde wat in Die Gesalfde Een, Yeshua is.

14. Behou jou goeie vertroue deur die Gees van Afsondering, wat in ons woon.

15. Jy weet dat, almal wat in Asië is, hulle van my af weggedraai het, onder wie Foegellos en Hermogenes.

16. Mag die Meester Sy omgee wys vir die huis van Onesiforos, want hy het my gereeld verkwik en hom nie oor my kettings geskaam nie,

17. maar ook toe hy na Rome gekom het, het hy my baie ywerig gesoek en gevind.

18. Mag ons Meester vir hom gee dat hy omgee sal vind by ons Meester in dié dag! Jy weet spesiļ¬ek ook hoeveel hy my bedien het in Efesos.

Lees volledige hoofstuk 2 Timotheos 1