Ou Testament

Nuwe Testament

2 Thessalonisense 3:8-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. ons het ook nie brood by iemand verniet geëet nie, maar ons het met harde werk en inspanning nag en dag gewerk om niemand van julle tot las te wees nie.

9. Nie dat ons nie die outoriteit het nie, maar om deur ons lewe vir julle ’n voorbeeld voor te hou sodat julle ons kan navolg,

10. want ook toe ons by julle was, het ons julle dit beveel: as iemand nie wil werk nie, moet hy ook nie eet nie,

11. want ons hoor dat sommige onder julle sleg en boos leef, dat hulle geen werk doen nie, net mooi niks nie!

12. Aan sulke mense beveel en versoek ons deur ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, om stil te werk en hulle eie brood te eet,

13. maar julle, my broers, moenie moeg word om wat uitstekend is te doen nie.

14. As iemand nie gehoorsaam is aan ons boodskap in hierdie brief nie, skei hom van julle af en hou geen gemeenskap met hom nie sodat hy skaam kan word

15. en beskou hom nie as ’n vyand nie, maar waarsku hom as ’n broer.

16. Hy, die Meester van vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid gee altyd vir julle elkeen vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid! Ons Meester is in alles by julle almal!

17. Groete, met my eie hand wat ’n teken is in elke brief: van Sha’ul. Dit is hoe ek skryf.

18. Die onverdiende guns van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een bly by julle almal! Dit is waar.

Lees volledige hoofstuk 2 Thessalonisense 3