Ou Testament

Nuwe Testament

2 Thessalonisense 1:5-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. as ’n demonstrasie van die regverdige oordeel van God: dat julle die Koninkryk van God, waarvoor julle ook ly, waardig mag wees

6. en as dit reg is in die oë van God, sal Hy dié wat julle lyding gee, met lyding beloon

7. en julle wat lyding ontvang, saam met ons, sal lewe ontvang deur die openbaring van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, vanuit die hemel met die leermag van Sy engele,Yes 66:15; Yir 10:25; Ps 79:6

8. wanneer Hy in ’n brandende vuur, vergelding uitvoer op hulle wat God nie ken nie en op hulle wat die goeie boodskap van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een nie erken het nie;

9. hulle sal met die oordeel van ’n ewige vernietiging, weg van die gesig van die Meester en van Sy kragtige Gemanifesteerde Teenwoordigheid af, gestraf word

10. op daardie dag wanneer Hy kom om eer, lof en aanbidding te ontvang van Sy afgesonderdes en Sy wonders, in hulle wat Hom vertrou, te wys, want julle het ons getuienis teenoor julle vertrou.

11. As gevolg hiervan bid ons ook elke keer vir julle dat God julle waardig mag ag aan julle roeping en dat Hy julle volledig maak in die plesier van goedheid en die dade van vertroue in wonderwerkende krag

12. sodat die Karakter en Outoriteit (Naam) van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, volgens die onverdiende guns van ons God en ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, in julle vereer en geloof kan word en júlle in Hom.

Lees volledige hoofstuk 2 Thessalonisense 1