Ou Testament

Nuwe Testament

2 Thessalonisense 1:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Van Sha’ul, Sila en Timotheos aan die gemeente van die Thessalonisense wat in eenheid met God-ons-Vader en ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een is:

2. onverdiende guns vir julle en vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid van God-ons-Vader en ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een!

3. Ons is dit verskuldig om God elke keer aangaande julle te dank, my broers, soos wat nodig is omdat julle vertroue al hoe meer groei en julle almal se liefde, elkeen teenoor mekaar, groter word,

4. vanweë jul vertroue en volharding, te midde van al julle vervolginge en die lyding wat julle deurgaan, waaroor ons self oor julle roem in die gemeentes van God,

5. as ’n demonstrasie van die regverdige oordeel van God: dat julle die Koninkryk van God, waarvoor julle ook ly, waardig mag wees

6. en as dit reg is in die oë van God, sal Hy dié wat julle lyding gee, met lyding beloon

Lees volledige hoofstuk 2 Thessalonisense 1