Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korinthiërs 7:8-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Alhoewel ek julle deur ’n brief treurig gemaak het, is ek nie jammer nie, al was ek ook vroeër jammer, want ek het gesien dat daardie brief, al was dit vir ’n kort tydjie, julle treurig gemaak het.

9. Nou is ek bly, nie omdat julle treurig gemaak is nie, maar omdat julle treurig gemaak is tot die punt van terugdraai na God toe, want julle was treurig soos God dit wou sodat julle deur ons geen skade gely het nie,

10. want treurigheid wat van God is, bring jammerwees van die gees en werk ’n onberoubare terugdraai na lewe, maar die jammer van die wêreld, werk die dood,

11. want let op, hierdie ding het gebeur dat julle treurig gemaak is deur God, hoeveel te meer het ek gretigheid, verskoning, woede, vrees, liefde, ywer en vergelding in julle veroorsaak. In alles het julle bewys dat julle in die saak rein is;

12. daarom het ek ook hierdie aan julle geskryf, nie ter wille van wat verkeerd is, of ter wille van hom wat verkeerd gedoen het nie, maar dat julle toewyding aan ons geken kan word in die Teenwoordigheid van God.

13. As gevolg hiervan is ons versterk en vertroos en vanuit ons vertroosting verbly ons ons al hoe meer in die vreugde van Titos, wie se gees deur julle almal verkwik is,

14. want as ek oor julle by hom oor iets geroem het, is ek nie skaam gemaak nie, maar soos ons alles in waarheid vir julle gesê het, so is ook ons roem by Titos in waarheid gevind

15. en sy innerlike omgee vermeerder as hy julle almal se gehoorsaamheid onthou, hoe julle hom met respekvolle vrees ontvang het.

16. Ek verbly my dat ek in alles in julle kan vertrou.

Lees volledige hoofstuk 2 Korinthiërs 7